Nog hondsdolheid bevestig in robbe by Walvisbaai
Update: 2025-11-21
Description
Die Direktoraat van Veeartseny het 'n opdatering uitgereik rakende die voorkoms van hondsdolheid in Kaapse pelsrobbe in Walvisbaai. Die eerste aangemelde geval was in Junie by die Walvisbaai-strandmeer. Sedertdien is drie bykomende gevalle by Pelican-punt in Walvisbaai tussen 8 en 13 November aangemeld, met monsters wat positief bevestig is deur die Sentrale Veeartsenykundige Laboratorium in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die landbouministerie, Simon Nghipandulwa, gepraat wat die publiek aanspoor om versigtig te wees.
Comments
In Channel




