DiscoverLewende Woord Hartenbos Sondae Dienste
Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste
Claim Ownership

Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste

Author: Charl du Toit

Subscribed: 1Played: 2
Share

Description


Baie welkom!

Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste


126 Episodes
Reverse
Sondagoggend 8 Februarie 2026Ons is besig om te kyk hoe ons gemaksones moet skuif en hoe ons die Evangelie moet verkondig. Hierdie week het ons saam gekyk na Fillipus en Ethiopiër en wat gehoorsaamheid gedoen het. Ons moet gehoorsaam wees aan God, want ons het weet nie aldag met watter mense ons te doen kry nie.
Sondagoggend 1 FebruarieOns het saam gesels oor die idee dat ons gereed moet wees om die Evangelie te verkondig en dat ons as Christene regtig goeie nuus het om te deel en dat ons van elke geleentheid.
Sondagoggend 25 Januarie 2026: Waarnatoe?Ons het elkeen 'n persoonlike visie nodig, maar hoe determineer ons daai visie? Ons het ook nodig om te weet dat ons visie onderdadig moet wees aan God se Koninkryk.
Jou rigtingwysers vir 2026Hierdie jaar gaan vir seker twee goed vir ons in hou. Die eerste is tye wat 'n reaksie verlang, of dit goeie, slegte uitdagende tye is, dit vereis dat ons reageer. Die tweede is dat ons in hierdie jaar voor keuses gaan staan. Charl gesels met ons in hierdie boodskap hoe ons moet reageer op daai tye asook hoe ons moet keuses uitoefen
Verander, vir anderOns tema vir die jaar 2026 is "Verander, vir ander" en Charl het in hierdie boodskap met ons begin gesels oor waar ons moet verander en die nood vir ons om die Evangelie te verkondig. As ons die Evangelie wil verkondig gaan ons sekere veranderinge moet maak, sodat die wêreld ons boodskap glo
Wat is Kerk?Baie mense besluit in Januarie om meer betrokke te raak by 'n gemeente, maar wat is 'n gesonde gemeente? Charl het met ons gesels oor wat is die model vir kerk volgens Handelinge 2. Ons het ook gesien wat die plan van Lewende Woord Hartenbos is vir 2026
Nou wat Nou?As Kerfees verby is beleef ons soms 'n depressie. Dit kan wees omdat ons besef die vakansie is verby, maar Charl glo dit is omdat Jesus gevier het en nou minder tyd het om oor Hom te gesels. Maar die opgewondenheid kan en moet blywend wees, want ons weet daar kom nog 'n dag wat Jesus gaan kom! En dan gaan Hy ons nooit weer los nie
Die Heiland is GEBOREDie klimaks van ons Desember Boodskappe is vanoggend en dit is waar ons sien dat Jesus het nie bonatuurlik verskyn nie, Hy is gebore soos 'n normale mens. Ons het ook gesien dat sonder die geboorte van Jesus het ons nie 'n Evangelie nie.
Die Heiland IS geboreDie boek Jona beskryf vir ons 'n verhaal van profeet wat 'n bekeringsboodskap bring en dan sien ons hoe Jesus dieselfde boodskap bring jare daarna. Dit moet beteken dat Jesus se koms profeties voorspel was, asook dat Hy die vervulling van die profesieë is
Die HEILAND is geboreOns kyk vandag na wat dit beteken as ons Jesus die titel "Heiland" gee? Van wat red Hy ons? Wat gee Hy vir ons? Hierdie is die tipe antwoorde wat Charl gee in hierdie boodskap
DIE Heiland is geboreVir die maand Desember kyk ons elke dag na die wonder van die geboorte en koms van Jesus.In vandag se boodskap fokus Charl op die feit dat Jesus die Messias is
Sondagoggend 23 November 2025: Die Krag van FamilieHierdie week het ons saam geluister na die krag wat familie vir ons in hou en dat deel van 'n familie wees juis dit is wat ons krag gee. Ons het ook gesien dat elkeen van ons 'n funksie het, maar die funksie bepaal nie ons waarde nie.Let asseblief op dat ons gaste van Amerika gehad het en Charl dus in engels moes preek
Sondagoggend 16 November 2025: Die Wonder van FamilieFamilie is nie altyd bloed nie, familie kan ook 'n groep mense wees wat jy kies om van deel te wees. Charl het hierdie week met ons gesels oor die belangrikheid van 'n familie wat jou beste belange op die hart het, asook dat elkeen van ons so familielid moet wees
Sondagoggend 9 November 2025: 'n Nuwe FamilieCharl het met ons gesels oor die belangrikheid van identiteit en dat ons 'n nuwe identiteit in Christus het. Ons het ook gesien dat omdat ons opgewonde is oor die nuwe familie van ons wil ons soveel as moontlik mense deel maak van hierdie familie
Sondagoggend 2 November 2025Ons maandtema vir November is "Ons is Familie" en hierdie week het Charl met ons gedeel dat ons nie net gered is uit sonde nie, maar ook dat ons gered is in 'n nuwe familie in. Christen wees is in beginsel familie wees
Sondagoggend 26 Oktober 2025: Die reëls van ontfermingOns as Christene moet ons ontferm oor ander, maar soms doen ons nie wat ons voel hulle sonde is wat hulle laat struikel. Die woord van God leer ons dat sonde ons almal se probleem is, dus moet gesprekke met Christene eintlik vreeslik bevrydend wees. God se wet is eintlik bevrydend, nie verdoemend nie. Hierdie en meer is waaroor Charl hierdie week met ons gesels het.
Sondagoggend 19 Oktober 2025: Hoe ontferm ons dan?Ons het saam gekyk die week na Konings en toe die profeet Elia vlug vir Isebel en hoe God self Elia bedien het. Charl het met ons gesels oor wat ons met mense moet doen wat tans ontferming kort en ons het ook gesien dat ons depressie of nood vir ontferming is nie 'n teken van die afwesigheid van God nie
Sondagoggend 12 Oktober 2025: Siestog!Ons tema vir die maand Oktober is "Ons is Ontfermers".Ons as Christene behoort nie net te praat of vir mense te sê "Siestog!" nie, ons woorde moet oorgaan na dade toe. As ons wil ontferm moet ons iets gee wat ons kos, ons moet offer.
Sondagoggend 5 Oktober 2025Willem van der Berg het met ons gesels oor "Jou Waarborg" en watse waarborg God vir ons het.
Sondagoggend 28 September 2025: Los my UitOns kyk na die verhoudings wat ons as mense moet hê om God se beeld uit te leef
loading
Comments