DA sê hy sal taalregte in skole bly verdedig
Update: 2025-12-04
Description
Die DA sê hy is ongelukkig dat daar 'n doelbewuste verdraaiing was in beriggewing dat die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, voormalige Model C-skole teiken. Dit gaan oor taalbeleide in skole. Jan de Villiers van die DA sê hulle ondersteun Gwarube se bevordering van moedertaal-gebaseerde tweetalige onderwys. Hy voeg by dat die party ook die regte van skoolbeheerliggame, gelei deur ouers, ten sterkste verdedig om taalbeleid in ooreenstemming met die wet te bepaal:
Comments
In Channel




