Preek: 31 Januarie 2021
Description
Kyk na die lewendige uitsending op hierdie bladsy of besoek die NGV YouTube Channel om na die uitsending daar te kyk
Jeremia 29: 4-144 So sê Ek, die Here die Almagtige, die God van Israel, vir al die ballinge wat Ek uit Jerusalem in ballingskap na Babel toe weggevoer het:5 Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan,6 trou en bring kinders in die wêreld, en laat hulle trou en kinders in die wêreld bring. Julle moet daar in Babel baie word, nie min nie.7 Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, bid tot My vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange.8 So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Moenie dat die profete en waarsêers daar by julle julle mislei nie. Moenie ag slaan op daardie drome wat julle so graag droom nie.9 Daardie mense tree sonder opdrag op as profete in my Naam. Ek het hulle nie gestuur nie, sê die Here.10 So sê die Here: Oor presies sewentig jaar sal Ek Babel straf en julle onder my sorg neem en dan sal Ek my belofte nakom om julle hier na Jerusalem toe terug te bring.11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!12 Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.13 Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.14 Julle sal My ontmoet, sê die Here, en Ek sal julle terugbring uit die ballingskap uit. Ek sal julle bymekaarmaak tussen al die nasies uit en van al die plekke af waarheen Ek julle verstrooi het, sê die Here, en Ek sal julle terugbring na die plek toe waarvandaan Ek julle in ballingskap weggevoer het.
Reekstema 2
Gesels en dink oor:
- Watter datums van goeie en slegte gebeurtenisse staan uit in jou lewe?Wat kan jy NOU doen om hoopvol te begin leef in die inperkingtyd? Lees weer Jer 29:5-7.Hoe het die pandemie jou verhouding met God geraak? Jeremia 29: 11-14.
Die Hoop is opgehoop:
Ons versoek u om asseblief ook kennis te neem van die inhoud van hierdie video rakende NG Villieria dankoffers
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon deur gebruik te maak van die sosiale media skakels op die bladsy soos byvoorbeeld WhatsApp.
NG Villieria preke is sedert die einde van Maart 2020 al deur duisende mense in Suid-Afrika en van regoor die wereld gekyk. Kom ons versprei die woord – dit is maklik!
EN
Deel met ons u ervaring van die preek of persoonlike antwoorde van die vrae van die reekstema deur ‘n kommentaar hieronder te plaas.
Opname van Kinderkerk: 31 Januarie 2021
The post Preek: 31 Januarie 2021 first appeared on NG Gemeente Villieria.



