Preke 28 Maart 2021: Kerk, Kinderkerk en Jeugdiens
Description
Kyk na die lewendige uitsending op hierdie bladsy of besoek die NGV YouTube Channel om na die uitsending daar te kyk
Teks: 28 Maart 2021
DIE INTOG VAN JESUS IN JERUSALEM(Matt. 21:1-11; Luk. 19:28-40; Joh. 12:12-19)1 Toe hulle naby Jerusalem kom, by Betfage en Betanië op die Olyfberg, stuur Jesus twee van sy dissipels 2 en sê vir hulle: “Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar ‘n jong donkie vasgemaak kry. Geen mens het nog op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier. 3 En as iemand vir julle sê: ‘Wat maak julle daar?’ moet julle sê: Die Here het hom nodig, en Hy sal hom gou weer hierheen terugstuur.”4 Hulle het toe gegaan en ‘n jong donkie by die ingang, buite langs die pad, vasgemaak gekry en hom losgemaak. 5 Party van die mense wat daar gestaan het, het vir hulle gesê: “Waarom maak julle die donkie los?”6 Hulle het hulle geantwoord soos Jesus gesê het. Daarna het die mense hulle laat begaan.7 Hulle bring toe die donkie na Jesus toe en sit van hulle klere op hom, en Jesus het opgeklim. 8 Baie mense het van hulle klere op die pad oopgegooi en party weer groen takkies wat hulle langs die pad afgebreek het. 9 Dié wat voor geloop en dié wat agteraan gekom het, het uitgeroep:“Prys Hom!Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!10 Geseënd is ons voorvader Dawid se koninkrykwat aan die kom is!Prys Hom in die hoogste hemel!”11 Jesus het in Jerusalem na die tempel toe gegaan en alles daar bekyk. Dit was al laat middag toe Hy en die twaalf weer na Betanië toe gegaan het.
Kinderkerk: 29 Maart
Ons versoek u om asseblief ook kennis te neem van die inhoud van hierdie video rakende NG Villieria dankoffers
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon deur gebruik te maak van die sosiale media skakels op die bladsy soos byvoorbeeld WhatsApp.
NG Villieria preke is sedert die einde van Maart 2020 al deur duisende mense in Suid-Afrika en van regoor die wereld gekyk. Kom ons versprei die woord – dit is maklik!
EN
Deel met ons u ervaring van die preek of persoonlike antwoorde van die vrae van die reekstema deur ‘n kommentaar hieronder te plaas.
The post Preke 28 Maart 2021: Kerk, Kinderkerk en Jeugdiens first appeared on NG Gemeente Villieria.



