Preke: 14 Maart – Kerk, Kinderkerk en Jeugdiens
Description
Kyk na die lewendige uitsending op hierdie bladsy of besoek die NGV YouTube Channel om na die uitsending daar te kyk
Eff 2: 1-10
LEWE UIT DIE DOOD1Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes 2 wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is.3 So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word. 4 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief.5 Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! 6 Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom ‘n plek in die hemel gegee, 7 sodat God ook in die tye wat kom, sou laat sien hoe geweldig groot sy genade is deur die goedheid wat Hy in Christus Jesus aan ons bewys het.8 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. 9 Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. 10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
Kinderkerk: 14 Maart 2020
Jeugdiens: 14 Maart 17:00
Ons versoek u om asseblief ook kennis te neem van die inhoud van hierdie video rakende NG Villieria dankoffers
Versprei die preek na vriende en familielede op u selfoon deur gebruik te maak van die sosiale media skakels op die bladsy soos byvoorbeeld WhatsApp.
NG Villieria preke is sedert die einde van Maart 2020 al deur duisende mense in Suid-Afrika en van regoor die wereld gekyk. Kom ons versprei die woord – dit is maklik!
EN
Deel met ons u ervaring van die preek of persoonlike antwoorde van die vrae van die reekstema deur ‘n kommentaar hieronder te plaas.
The post Preke: 14 Maart – Kerk, Kinderkerk en Jeugdiens first appeared on NG Gemeente Villieria.



