Vervolging van Comey, James uitgegooi
Update: 2025-11-25
Description
’n Federale regter van Virginia het strafregtelike aanklagte teen die voormalige FBI-direkteur James Comey en die prokureur-generaal van New York, Letitia James, uitgegooi. Die regter het beslis dat die aanstelling van die justisie-departement se prokureur, Lindsey Halligan, as tussentydse Amerikaanse prokureur die Grondwet geskend het en onwettig was. Comey is van vals verklarings en dwarsboming van die gereg aangekla, nadat president Donald Trump sy vervolging gevra het en Halligan aangestel het om die saak voort te sit, na die vorige aanklaer nie vervolg het nie. James is aangekla van bankbedrog en die maak van vals verklarings aan 'n finansiële instelling. Albei het onskuldig gepleit en die aanklagte as polities-gemotiveerd beskryf. CBS News se regskorrespondent, Scott McFarlane:
Comments
In Channel




