DA kap Gauteng regering oor R344-miljoen skuld aan Microsoft
Update: 2025-11-24
Description
Die DA in Gauteng sê premier Panyaza Lesufi se regering skuld Microsoft 344-miljoen Suid-Afrikaanse rand in onbetaalde lisensiegelde. Dit volg nadat die Departement van e-Regering na bewering versuim het om die bedrag te betaal ingevolge die lisensie-ooreenkoms van 2022 tot 2025. Die DA-lid, Michael Waters, sê dit toon reuse-finansiële wanbestuur omdat 'n moderne regering nie kan werk sonder digitale stelsels nie. Hy voeg by Lesufi se administrasie stel tans kerndienste in gevaar, insluitend gesondheidsorg en onderwys:
Comments
In Channel




