Marx sê Wêreldrugby se toekenning 'vir hele span'
Update: 2025-11-24
Description
Rugby: Die Springbok-haker Malcolm Marx sê sy aanwysing as Wêreldrugby se Speler van die Jaar laat hom nederig voel. Die 31-jarige het sy landgenote Pieter-Steph du Toit en Oche Nché om die toekenning uitgestof, asook Louis Bielle Biarrey van Frankryk. Die dubbele Wêreldbekerwenner is ook die eerste haker wat die toekenning verower sedert Keith Wood die eerste een in 2001 ingepalm het. Marx sê die toekenning behoort ook aan die hele span:
Comments
In Channel




