Rutte sing Trump se lofliedere oor vrede in Oekraïne
Update: 2025-12-04
Description
Navo se sekretaris-generaal, Mark Rutte, het Woensdag na 'n vergadering van die blok se buitelandse sake-ministers in Brussel gesê die enigste mens wat die dooiepunt in samesprekings oor Oekraïne kan oplos is Amerikaanse president Donald Trump. Hy het tydens 'n perskonfrensie ook gewaarsku teen Rusland se toenemende kuberaanvalle en lugruimskendings, en gesê dit is noodsaaklik vir Europa om Oekraïne aan te hou ondersteun. Luister self.
Comments
In Channel




