DiscoverLewende Woord Hartenbos Sondae Dienste
Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste
Claim Ownership

Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste

Author: Charl du Toit

Subscribed: 1Played: 2
Share

Description


Baie welkom!

Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste


114 Episodes
Reverse
Sondagoggend 16 November 2025: Die Wonder van FamilieFamilie is nie altyd bloed nie, familie kan ook 'n groep mense wees wat jy kies om van deel te wees. Charl het hierdie week met ons gesels oor die belangrikheid van 'n familie wat jou beste belange op die hart het, asook dat elkeen van ons so familielid moet wees
Sondagoggend 9 November 2025: 'n Nuwe FamilieCharl het met ons gesels oor die belangrikheid van identiteit en dat ons 'n nuwe identiteit in Christus het. Ons het ook gesien dat omdat ons opgewonde is oor die nuwe familie van ons wil ons soveel as moontlik mense deel maak van hierdie familie
Sondagoggend 2 November 2025Ons maandtema vir November is "Ons is Familie" en hierdie week het Charl met ons gedeel dat ons nie net gered is uit sonde nie, maar ook dat ons gered is in 'n nuwe familie in. Christen wees is in beginsel familie wees
Sondagoggend 26 Oktober 2025: Die reëls van ontfermingOns as Christene moet ons ontferm oor ander, maar soms doen ons nie wat ons voel hulle sonde is wat hulle laat struikel. Die woord van God leer ons dat sonde ons almal se probleem is, dus moet gesprekke met Christene eintlik vreeslik bevrydend wees. God se wet is eintlik bevrydend, nie verdoemend nie. Hierdie en meer is waaroor Charl hierdie week met ons gesels het.
Sondagoggend 19 Oktober 2025: Hoe ontferm ons dan?Ons het saam gekyk die week na Konings en toe die profeet Elia vlug vir Isebel en hoe God self Elia bedien het. Charl het met ons gesels oor wat ons met mense moet doen wat tans ontferming kort en ons het ook gesien dat ons depressie of nood vir ontferming is nie 'n teken van die afwesigheid van God nie
Sondagoggend 12 Oktober 2025: Siestog!Ons tema vir die maand Oktober is "Ons is Ontfermers".Ons as Christene behoort nie net te praat of vir mense te sê "Siestog!" nie, ons woorde moet oorgaan na dade toe. As ons wil ontferm moet ons iets gee wat ons kos, ons moet offer.
Sondagoggend 5 Oktober 2025Willem van der Berg het met ons gesels oor "Jou Waarborg" en watse waarborg God vir ons het.
Sondagoggend 28 September 2025: Los my UitOns kyk na die verhoudings wat ons as mense moet hê om God se beeld uit te leef
Sondagoggend 21 September 2025: Onder Nuwe BestuurOns is besig om saam te kyk na wat dit beteken om God se beeld te dra en die week het Charl met ons gesels oor hoe ons God se beeld in moraliteit uitbeeld. Ons het saam gesels uit die boek Daniël en gesien hoe Daniël moes verplig was om 'n nuwe moraliteit aan te neem in Babilonië maar dat hy getrou gebly het aan Sy God.
Sondagoggend 14 September 2025: Gesels met GodVir ons om die beeld van God uit te beeld moet ons gereeld tyd saam met God spandeer om Sy hart te hoor en beleef. Dit is presies waaroor Paul met ons gesels het in hierdie boodskap
Sondagoggend 7 September: In Ons BeeldDie Bybel is duidelik dat ons in die beeld van God geskep is, maar vir ons as mens is dit nie heeltemal so duidelik wat dit beteken as ons in die beeld van God geskep is nie. Lyk ons dan soos God? Moet ons soos God voel? Moet ons soos God leef?Charl gesels met ons die week oor dat ons soos God lyk as ons Sy heerskappy uit oefen asook dat ons soos Hy moet skep
Sondagoggend 31 Augustus 2025: Vrede met GodDie lewe werk baie keer nie hoe ons beplan nie, maar kan ons vrede hê met God en ons toekoms as ons planne nie uitwerk nie? Hierdie is die tema waaroor Charl met ons gesels het hierdie week vanuit die geboorte van Samuel.
Sondagoggend 24 Augustus 2025: Bewaar net die VredeCharl het met ons gesels oor dat ons soms vrede wil bewaar, maar deur dit te doen vermy ons konflik ek kry ons net werklike vrede nie. Hoe moet ons as christene dan met mekaar stry? Waaroor mag ons stry?
Sondagoggend 17 Augustus 2025: Hoekom al die konflik?Ons voel gereeld ons uitlanders in die wêreld. Ons voel ook soos mense wat sukkel om die Bybel en die wêreld met maar te versoen, maar hoekom? Ons sukkel want ons verstaan nie hoe diep sonde alles kom breek het nie. Ons vergeet soms dat sonde ons verhouding met God, met mekaar en met die aarde kom breek het. Hierdie is waaroor Charl met ons gesels het hierdie week.
Sondagoggend 10 Augustus 2025: Vrede is 'n werkwoordIn ons reis na verstaan wat 'n vredemaker is het Charl met ons gedeel uit die vrede wat Abigajil gemaak het tussen Dawid en Nabal. Charl het aan ons verduidelik wat konflik is, asook wat vrede is na aanleiding van die storie.
Sondagoggend 3 Augustus 2025: VredemakersIn Matteus 5 sien ons dat Jesus belowe ons is geseënd as ons vredemakers is, maar wat is dit om geseënd te wees? Nie net het Charl met ons gedeel oor wat geseënd is nie, maar Charl het ook die konsep van Vredemakers en kinders van God met ons gedeel.
Sondagoggend 27 Julie 2025: Rus en VredeOns almal smag na rus en vrede, maar is dit wat ons verstaan as rus en vrede werklik wat die Bybel ons beloof gaan rus en vrede wees? Hebreërs 4 is duidelik oor dat ons deur Christus 'n plek van rus kan binnegaan, maar is dit eendag of is dit nou al?Hierdie is die vrae wat Charl beantwoord in hierdie week se boodskap.
Sondagoggend 13 Julie 2025: Rus is 'n BevelIn die Tien Gebooie beveel God Sy volk om te rus, dit beteken vir God is dit so belangrik om te rus soos dit is om nie moord te pleeg nie. Maar die vraag bestaan dan oor hoe ons moet rus? Wat is gesonde rus dan? Hierdie is die vrae wat Charl in hierdie week se boodskap antwoord.
Sondagoggend 6 Julie 2025: Wat is werk danOns begin kyk na die volgende waarde van die gemeente en dit is rus, maar voor ons kan verstaan wat rus is moet ons weet wat werk is. Charl het met ons gesels oor dat werk nie die vloek van God is nie en dat ons werk vir voorsiening en vergifnis wat ons beide net by Jesus kan kry
Sondagoggend 29 Junie 2025: Die Groter PrentjieOns moet integriteit handhaaf nie omdat dit die regte ding is om te doen nie, maar omdat God die groter prentjie sien en meer kan doen as ons. God sien verder en langer as wat ons ooit kan dink of droom, daarom bring hy gedrag vandag in lyn sodat dit nie môre 'n probleem kan wees nie.
loading
Comments