SP Benjamin kry Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs
Update: 2025-12-04
Description
Die Universiteit van Wes-Kaapland het die Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs vir 2026 aan SP Benjamin toegeken. Dit is een van die mees gesogte pryse wat ’n Afrikaanse skrywer kan ontvang. Die beurs, befonds deur ’n ruim bemaking van wyle Marjorie Wallace, gee die ontvanger die unieke kans om heeltyds aan ’n skeppende skryfprojek in Afrikaans te werk. Ons praat met dr. Donovan Lawrence, hoof van die departement Afrikaans en Nederlands by UWK, oor die impak en betekenis van hierdie toekenning.
Comments
In Channel















