Verwoestende storm tref sorgsentrum in Mpumalanga
Update: 2025-12-03
Description
Inwoners van die Soli Deo Gloria-sorgsentrum in Mashishing in Mpumalanga kom nog tot verhaal ná ’n verwoestende storm Maandagmiddag. Meer as 100 behoeftige gesinne se huise is getref, en daar moes inderhaas alternatiewe blyplek vir tot 30 mense gekry word. Tydens die storm is ’n ma en haar eenjarige uit ’n tent gered, terwyl ’n bejaarde man ’n beroerte gekry het. Ons praat hieroor met pastoor Gerda Venter, besturende direkteur van die sentrum.
Comments
In Channel















