Kenhardt, ’n dorp wat weke lank sonder water oorleef
Update: 2025-12-02
Description
Die mense van Kenhardt, in die hart van die Boesmanland, sukkel al jare lank met ’n ernstige waterkrisis. Deesdae is hulle soms tot 12 dae lank sonder water. En wanneer daar wel water is, is dit net vir ’n paar ure, of snags, beskikbaar. Inwoners wend hulle nou tot die Menseregtekommissie, wat onlangs die Kai !Garib-munisipaliteit oor die bestuur van hulle waterreserwes oor die vingers getik het. Die munisipaliteit erken dat sy maandelikse kontrakte van meer as R700 000 nie die waterprobleem oplos nie. Ons praat met Lindah Müller, ’n inwoner van Kenhardt.
Comments
In Channel
















