Skolerugby onder die loep: Hoëprestasie, hoë risiko
Update: 2025-12-02
Description
Rugby is ’n vorm van kindermishandeling. Dís die mening van drukgroepe in Engeland wat vra dat skolerugby weens toenemende beserings verban word. Ook in Suid-Afrika word al hoe meer beserings by hoërskoolleerders aangemeld. Kritici glo ’n groot deel van die probleem lê by die sogenaamde hoëprestasie-eenhede wat in sekere skole ontstaan het. Hier funksioneer spanne soos professionele klubs met intensiewe oefenprogramme, en ’n klem op wen, ten koste van veiligheid. Ons praat hieroor met dr. Wayne Viljoen, senior bestuurder van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se nasionale BokSmart-veiligheidsprogram.
Comments
In Channel















