Halfmiljard-rand vloot-skandaal: Hoe diep lê die verval?
Update: 2025-11-27
Description
Die Suid-Afrikaanse Vloot is weer in die spervuur nadat dit bekend geword het dat die Valke vyf ondersoeke na beweerde bedrog, diefstal en korrupsie ter waarde van byna R500 miljoen aan die gang het. Sommige van die sake strek meer as ’n dekade terug. Die omvang van die beweerde verval – van vervalste tenderdokumente tot miljoene rande se werk wat glo nooit gelewer is nie – plaas verdere druk op ’n krygsmag wat reeds sukkel met kapasiteit, dissipline en verouderde toerusting. Ons praat hieroor met die militêre kenner, prof. Abel Esterhuyse. Hy is die hoof van die departement strategiese studies aan die Universiteit Stellenbosch.
Comments
In Channel
















