Leon van Nierop en Edwina Solomons deur Taalraad vereer
Update: 2025-12-01
Description
Die Afrikaanse Taalraad se Kokerwenners vir 2025 is die naweek bekendgemaak. Onder die uitblinkers tel RSG se fliekresensent, Leon van Nierop, en die onderwyseres, Edwina Solomons. Die Kokers vier mense wat ’n betekenisvolle bydrae tot Afrikaans en die taalgemeenskap lewer. Edwina is aangewys as Onderwyser van die Jaar vir haar vernuwende benadering tot die klaskamer. Leon is vereer vir sy indrukwekkende loopbaan as akteur, vervaardiger, skrywer en fliekresensent, en vir sy rol in die dokumentering van die geskiedenis van die Afrikaanse rolprentwese.
Comments
In Channel
















